Hou op slons
Dra jy ’n uitgewaste t-hemp, uitgerekte sweetpakbroek en uitgetrapte plakkies na jy geoefen en gestort het? Ons kyk na lekker gemaklike klere van HI-TEC wat jy na ’n harde oefensessie kan dra. Ek het dit op die onlangse TransCape-bergfietswedren getoets, en hoewel ek nie noodwendig elke aand soos ’n vars blommetjie gelyk het nie, was my klere altyd vrolik en gemaklik. Ek was veral dol op die ligte Ezee’z Lace-skoene met elastiese veters na lang dae in harde fietsryskoene.
Die Savanna Strap
Jou perfekte naweekskoen as die weer warm is. Hoekom? Die gevormde sool ondersteun jou voet na lang ure se oefening en lyk goed saam met jeans of ’n kortbroek. Beskikbaar by Totalsports-winkels landwyd. Pryse vanaf R399.
Die Lady Birma
’n T-hemp vir die vrou wat elke dag ’n avontuur soek. Die LADY BIRMA se materiaal is lig, gemaklik en perfek vir elke dag se dra en lyk ewe goed by oefenklere as by jeans. Beskikbaar in verskeie kleure by Hi-Tec-winkels landwyd. Pryse vanaf R199.
Die Lady Ratti
Daar is min dinge so lekker soos om die natuur na ’n lang dag te beleef, terug te sit en daardie koel luggie te geniet. Die elastiese soomafwerkings en gedetailleerde stikwerk op die 100%-Polyester maak die LADY RATTI perfek vir ontspanning na ’n wedren, familie-uitstappie oor naweke of ’n vroegoggend stappie.
Beskikbaar in magenta, blou en swart by Hi-Tec-winkels landwyd. Pryse vanaf R599.
Die Ezee’z Lace
Jou bene word tot die uiterste getoets: hoe kan jy die avonture van die dag afsluit? Trek jou EZEE’Z LACE aan. Na ’n lang dag het jy die ligste en mees praktiese skoene nodig. Boonop beskerm die I-SHIELD-afwerking jou skoene teen water en modder, maar jou voete kan steeds asemhaal. Beskikbaar by Hi-Tec-winkels landswyd. Pryse begin vanaf R799.
Vir meer inligting besoek www.hi-tec/ZA
Lees ook meer oor die belangrikheid van herstel ná ’n oefensessie hier.