Somer-minestrone
Serves: 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Genoeg vir 4
- Vir die basis
- 60 ml (¼ k) olyfolie
- 1 ui, fyn gekap
- 2 knoffelhuisies, fyn gekap
- 1 klein wortel, in klein blokkies gesny
- 1 selderystingel, fyn gesny
- fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen
- 2 liter groente-aftreksel
- 100 g orzo (risoni)-rys
- Groente
- 200 g groenboontjies
- 4 murgpampoentjies, in halfmane gesny
- 1 bondel aspersies, in 4 cm-stukkies gesny
- 160 g ertjies
- 400 g (1 blikkie) cannelini-boontjies, gedreineer en afgespoel
- sout en gemaalde swart peper
- ’n hand vol basiliekruidblare + ekstra
- 125 ml (½ k) room
Instructions
1 Soteer die olyfolie, ui, knoffel, wortel en seldery vir 8 min. oor matige hitte in ’n kastrol met’n volume van 3 liter.
2 Voeg die suurlemoenskil by en prut.
3 Voeg die aftreksel by en kook vir 5 min. Voeg die orzo by en kook vir 4 min.
4 Blansjeer die groenboontjies, murgpampoen, aspersies en ertjies. Voeg die groente en die cannelini-boontjies by die sop en laat vir 2-3 min. kook.
5 Skep die helfte van die sop uit - probeer om groente raak te skep - en verwerk in ’n voedselverwerker met ’n hand vol basiliekruidblare tot glad. Meng deur die sop. Geur na smaak.
6 Roer die ekstra basiliekruidblare en die room deur die sop.
Rooi Rose