Verf volstruiseiers met verf van jou keuse. Gebruik die eiers in jou voortuin of op jou tafel.
Gebruik gedroogde takke of ogiesdraad en sit verskillende kleure sjokolade-paaseiers daarin.
Koop twee glasflessies en vul dit met paaseiers. Vir ’n ekstra tikkie oulik, sit ’n sjokoladehasie op die deksel van die flessie. Hierdie kan as ’n geskenkie gebruik word.
Neem ’n klomp gedroogde takke en plaas dit in ’n blompot sodat dit lyk soos ’n boom. Knip hasies uit wit karton en hang in die boompie. Koop lint en gebruik ’n krammasjien om lussies te maak vir die witsjokolade-eiers (sien foto). Hang die eiertjies ook in die boom.
Klik hier vir meer Paasfees inspirasie.