Ons is opgewonde om die nuus te deel – die heel eerste Suid-Afrikaanse Zara Home open sy deure op 28 April 2016 by The Mall of Africa in Johannesburg. Jy sal met ongeveer 722 vierkante meter se winkelspasie bederf word. Al die reekse wat deel van Zara Home uitmaak, sal in hierdie winkel beskikbaar wees.
The Mall of Africa-winkel sal, nes al die ander Zara Home-winkels regoor die wêreld, jaarliks twee nuwe reekse bekendstel wat die ontwerpspan inspireer om elke jaar met idees vorendag te kom wat die huidige trends verteenwoordig. Die winkel sal dan al die nuwe items beskikbaar stel.
Zara Home is in 66 lande beskikbaar en nou kan ons ook met trots sê ons is deel van die groep.