SAFW het vir die eerste keer by The Park bokant Hyde Park Corner winkelsentrum loopplanke gebou en gaste onthaal. Cruz Vodka het vir heerlike skemerkelkies gesorg, Rimmel het modelle en gaste op hul mooiste laat lyk en Sunglass Hut het tussendeur vertonings gesorg dat die media en gaste genoeg het om aan te peusel.
Die grootste trend was beslis wit. Wit swembroeke, wit formele drag en wit informele drag. Daar was pragtige trourokke, maar jy hoef beslis nie by die kansel af te stap om hierdie kunswerke te dra nie. Hier is ons gunstelinge:
Elke vrou is ’n koningin en hierdie ontwerpers het dit gevier, met Africa flair!
Teenoorgesteldes: hou jy van sag en vroulik of donker en sterk?
Laslappies. Van die ontwerpers het met stukkies lap gespeel, opgeplak, ingewerk en aanmekaar gesoom. Die eindproduk is nogals prettig.