Volgens Salt Watch is hierdie tien items saam verantwoordelik vir 40% – 60% van jou daaglikse sout. Party sal jy dadelik eien maar wie kon raai dat brood ook propvol sout is? As jy dit minder gereeld begin gebruik, gaan jy reeds baie sout spaar.
Die items met die meeste sout is:
- brood en alle gekoopte gebak
- wors – boerewors, droëwors en enige ander soort wors
- polonie en salami
- margarien
- smeerkase en maaskaas
- ontbytpap
- groente- en vleissmere
- pakkies sop en souse, aftrekselblokkies
- souse soos tamatiesous, blatjang, pesto, mayonnaise, mosterdsous, pastasouse, slaaisouse
- olywe
- tapenade
Lees ook: Soetpatat-tortillas