Gebakte vispannekoekies met ’n geurige kaassous
Ingredients
- 8 eiers
- 1,5 liter (6 k) water
- 1 liter (4 k) meel
- 10 ml (2 t) bakpoeier
- 5 ml (1 t) sout
- olie om mee te bak
- Geurige kaassous
- 1,6 liter
- Vries hierdie kaassous in porsies van 250 ml en gebruik dit om vinnige aandetes soos gebakte lasagne of macaroni-en-kaas te maak.
- 110 ml (1/3 k + 2 e) botter
- 75 ml (¼ k + 1 e) koekmeel
- 1 liter (4 k) melk
- ’n raspertjie neutmuskaat
- sout en gemaalde swartpeper
- 500 ml (2 k) gerasperde cheddarkaas
- 90 ml (¼ k + 2 e) Dijon-mosterd
- hand vol Italiaanse pietersielie, gekap
Instructions
1 Klop die eiers en water saam tot skuimerig. Sif die meel, bakpoeier en sout by en klop tot ’n gladde beslag. Laat rus vir 30 min.
2 Verhit die olie in ’n groot braaipan oor matige tot hoë hitte. Gooi die oortollige olie uit in ’n bakkie en hou eenkant.
3 Gooi 60 ml (¼ k) van die beslag in die pan en kantel die pan tot die boom bedek is. Bak vir sowat 1 min. tot ligbruin en die pannekoek van die kante begin wegtrek. Draai om en bak vir nog 1 min.
Geurige kaassous
1 Smelt die botter in ’n middelslagkastrol oor matige hitte.
2 Roer die meel vir 1 min. by – moenie dat dit verkleur nie. Gooi die melk geleidelik by en roer deurentyd tot glad en dik. Roer die neutmuskaat by en geur na smaak. Prut liggies vir 3 min.
3 Haal van die hitte af en meng die kaas, mosterd en pietersielie by.
4 Vries in porsies van 250 ml (1 k) in sakkies of bakkies.
Gebakte vispannekoekies
Genoeg vir 4
Krummel 6 viskoekies en verdeel tussen 6 pannekoeke. Rol die pannekoeke op en sit in ’n oondbak. Bedek met 250 ml (1 k) van die kaassous en strooi ekstra gerasperde kaas bo-oor. Bak vir 15 min. by 180 ºC tot deurwarm en die kaas gesmelt is. Strooi gekapte Italiaanse pietersielie oor. Aandete in ’n oogwink!