Genoeg vir 4
Bestanddele
- olyfolie
- 1 ui, gekap
- 1 knoffelhuisie, gekneus
- 1 rissie, pitte verwyder en fyn gekap (opsioneel)
- 2 selderystokke, gekap
- 2 middelslagwortels, fyn gerasper
- 800 g (sowat 8) Italiaanse worsies
- 400 g pennepasta
- 500 ml (1 bottel) passata (Italiaanse tamatiesous)
- hand vol basiliekruid
Metode
- Maak ’n groot kastrol drie kwart vol water en geur met ‘n knypie sout. Bring tot kookpunt.
- Verhit solank olie in ’n groot pan oor matige hitte en soteer die uie, knoffel, rissie, seldery en wortels tot sag en ligbruin. Geur na smaak.
- Sny die een kant van die worsies se omhulsel oop en knyp happiegroottes van die vleis uit die sakkie en laat val direk in die pan. Braai vir 5 min.
- Voeg die pasta by die kookwater en kook volgens die aanwysings op die pak.
- Gooi die passata by die groente en kook vir nog 5-10 min.
- Dreineer die pasta en meng deur die passatamengsel. Strooi basiliekruid oor.