Hier volg ses belangrike eienskappe van Skandinawiese dekor …
1. Vloerbedekking: Vloere met volle matbedekking het nooit in Swede posgevat nie. Skandinawiese huise spog met ligte houtvloere – behalwe in die badkamers.
2. Kleur: Wit met koel grys en blou tekstiele skep die regte gevoel vir ’n Skandinawiese tuiste.
3. Teksture: Hout bly belangrik. Dit word teen mure en plafonne gebruik om warmte te skep. ’n Geel ondertoon op die hout word vermy deur gebruik te maak van sagte grys.
4. Ontwerp: In Skandinawië is die lyne skoon, van die argitektuur tot by die meubels.
5. Funksie: Skandinawiërs se eerste behoefte is gemaklike leef-areas.
6. Maak minder: Met ’n Skandinawiese dekorstyl is min steeds te veel. Raak ontslae van al die Engelse Victoriaanse foefies en leef eenvoudig.
Foto’s
Tilberg-stoel (R1 340) van Hemma
Alex dagbed (R1 0449,00) van Sofacompany.com
Bokkie-tafel (R45 00) van Hemma
Conrad driesitplek-bank (R16 900) van Sofacompany.com
Swaelstert-tafel (R3 900) van Hemma
Kruisie-muurhanger (R400) van Monoshop
Kussing (R350) van Monoshop
Seilhouers vanaf (R190 tot R350) van Monoshop