Op Saterdag 27 Februarie 2016 het ons saam met Garnier en rooi rose-lesers by die Alpine Attitude Boetiekhotel en Konferensiesentrum ’n ding of twee geleer oor haarkleur en hoe om klere te kies wat die beste by jou pas. Garnier, die nommereen-haarkleur in Suid-Afrika, se kleurkundige was ook daar om nuttige wenke te gee oor hoe om altyd op jou beste te lyk.
Onthou gerus Garnier se leuse: Gesonde hare beteken beter kleur. Tussen die kuier deur sal ons ook ’n heerlike ontbyt geniet.
Dankie aan elke rooi rose-leser wat die dag saam met ons spandeer het. Sien julle volgende keer!
Kyk onder na die pragtige foto’s wat op die dag geneem is.