Hierdie tafel van my verander gereeld as ek ’n bietjie aan my dekor wil verander.
Benodighede
Verf
Plakkerpapier
Templaat
Podge
Skuurpapier
Verfskraper
Waterbasis-vernis
Aanwysings
Skraap die ou verf af tot op die rou hout. Skuur dit glad. Verf onderlaag gevolg deur die kleur. Druk jou templaat op die plakkerpapier en sny dit uit. Plak dit op jou tafel. Smeer ten minste 6 lae podge bo-oor die ontwerpe. Rond die projek af met twee lae waterbasis-vernis.