Genoeg vir 4
30 ml (2 e) sagte bruinsuiker
5 ml (1 t) Chinese Five-spice of AllSpice
5 ml (1 t) Maldon- of gewone sout
3 ml (½ t) gemaald eswartpeper
500 g lendeskyf (sirloin steak)
2 handevol roketblare
1 mango, geskil en in skywe gesny
(of gebruik papaja)
2 sprietuie, oorlangs dun gesny
1. Meng die suiker, Five-spice, sout en peper en vryf oor die steak.
2. Verhit ’n riffelpan oor hoë hitte. Skroei die steak vir 4 min. aan elke kant tot bruin. Laat rus vir 5 min. en sny in dun repies.
3. Meng die vleisrepies, roketblare, mango en sprietuie en bedien.