1 Verhit ’n bietjie van die olyfolie in ’n diep pan en braai die chorizo en spek vinnig daarin tot bros. Skep uit en hou eenkant.Paella
Ingredients
Instructions
2 Soteer die garnale, calamari en mossels ook vining in dieselfde olie. Haal uit en hou eenkant. Gooi die mossels weg wat nie oopgegaan het nie.
3 Gooi die helfte van die oorblywende olyfolie in die pan en soteer die knoffel, ui en soetrissie vir ’n paar minute daarin tot die groente sag is, maar nie verkleur nie. Roer af en toe.
4 Maak die aftreksel en saffraan of borrie in die mikrogolf warm, hou eenkant.
5 Voeg die tiemie en rys by die groentemengsel en roer vir 5 min. of tot die rys goed met die olie bedek is.
6 Roer die paprika in en voeg die wyn by. Laat vinnig prut en roer deurentyd. Voeg die meeste van die warm hoenderaftreksel by maar nie alles nie. Voeg die chorizo en spek by en kook vir 15 min. by ’n lae temperatuur. Roer af en toe. Voeg nog aftreksel by indien dit te droog kook. Sny die tamaties in blokkies, behou die sous. Vou die tamatieblokkies en sous by die mengsel in. Kook vir nog 10 min. oor matige hitte. Skep die ertjies, garnale en calamari op die paella. Geur met sout en peper. Sit al die mossels terug. Meng die gekapte pietersielie, gerasperde suurlemoenskil en knoffel en strooi oor die paella.