Delikate dimsum
Serves: Maak 10
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 20 gaar garnale, skoongemaak en doppe verwyder
- 5 ml (1 t) fyn gekapte knoffel
- 5 ml (1 t) fyn gekapte gemmer
- 5 ml (1 t) fyn gekapte brandrissie
- 10 ryspapiersirkels
Instructions
1 Verhit ’n kastrol met water tot kookpunt, verlaag die temperatuur en laat liggies prut. Sit ’n bamboesstomer van dieselfde grootte bo-op.
2 Meng die garnale, knoffel, gemmer en rissie. Laat week 1 ryspapiersirkel op ’n slag in ’n bakkie met koue water tot dit sag word – dit gebeur binne sekondes, moenie laat lê nie.
3 Sit 2 garnale in die middel van die ryspapier en vou die kante van die ryspapier boontoe om ’n bondeltjie te maak wat soos ’n geldsakkie lyk.
4 Stoom die dimsum vir 30 sek. in die bamboesstomer. Lig versigtig met ’n paletmes uit. Sit voor met Chinese stokkies en sojasous as doopsous.
Rooi Rose