Vye in witsjokolade met sjampanje-sabayon
Serves: Genoeg vir 8-10 mense
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Heerlike soet vye met die ligte, skuimerige lekkerte van sabayon span die kroon op die fees. Sabayon is ’n skuimerige eiervlasous wat ’n goeie skeut alcohol kry, tradisioneel is dit soetwyn maar sjampanje is soveel feesteliker. As dit ’n baie warm Kersdag is, stel ek voor dat jy liewer die vye saam met gesmelte sjokolade voorsit en elke gas kan dan sy eie vy daarin doop, (h’m, lekker!) want die sjokolade sal in elk geval afsmelt.
- Vye
- 10-12 ryp adamsvye (die mooi perses)
- 400 g goeie witsjokolade, gekap
- Sjampanje-sabayon
- 6 eiergele
- 60 g (60 ml) strooisuiker
- 250 ml droë vonkelwyn (nie sjampanje nie – dis te duur!)
Instructions
1 Smelt die sjokolade stadig in ’n diep metaalbak oor ’n dubbelkoker - moenie dat die bak aan die water raak nie, anders sal die sjokolade saamtrek. Wanneer die sjokolade gesmelt is en die mengsel glad is, haal die bak van die hitte af en laat afkoel. Toets of die sjokolade die regte temperatuur is deur ’n klein bietjie met jou vingerpunt teen jou lip te druk.
2 Vee die vye met ’n sagte lap skoon en hou dit by kamertemperatuur.
3 Hou die vy aan die steeltjie vas en doop tot teen die steeltjie in die sjokolade, laat van die sjokolade afloop en pak op ’n draadrakkie. Hou in ’n koel vertrek (nie in die yskas nie).
Rooi Rose