Konfyttertjies
Ingredients
- 15 heel perskekonfytstukke of 15 teelepels
- 1 eiergeel
- 15 ml (1 e) water
Instructions
1 Rol die koue deeg liggies op ’n meelbestrooide werkvlak uit tot 5 mm dik. Druk met ’n ronde, gekartelde 8 cm-koekiedrukker sirkels uit die deeg. (Pak die afgesnyde deeg op mekaar. Sit in die yskas en rol weer 5 mm dik uit.)
2 Voorverhit die oond tot 220 °C. Voer ’n bakplaat met silikoonof bakpapier uit wat met kleefwerende kossproei gespuit is.
3 Pak die deegsirkels op die bakplaat en maak met ’n ronde, gekartelde 6 cm-koekiedrukker ’n effense randjie aan die binnekant van elke groot sirkel.
4 Trek die perskes in die konfytin kleiner stukkies, laat die ergste stroop afloop en sit in die middel van die tertjie. As jy gekoopte konfyt gebruik, skep teelepels vol daarvan op die tertjie. Bak vir 10 min. of tot goudbruin en gaar. Laat op draadrakkies afkoel.