Benodighede
Een servet
Skêr
Transfer-papier (beskikbaar by enige Waltons)
Strykyster
Metode
Servet-kuns
Druk enige ontwerp waarvan jy hou op die papier. Onthou, die skoon kant moet boontoe wys. Knip na aan die randjies uit en stryk dit dan op jou servet . Die prentjie moet na die onderkant wys en stryk dan aan die geruite kant van die papier. Indien jy teks wil byvoeg, moet jy onthou om jou drukker op “mirror image” te stel anders sal die woorde agterstevoor druk.
Geskenkkoevert
Hier het ek ’n oulike manier uitgedink vir daardie verjaardagkaartjies wat altyd jou sak ruk. Onthou weereens om die teks en prentjies om te draai sodat dit in ’n spieëlbeeld op jou skerm wys voordat jy dit druk – anders kom dit verkeerd om uit.
Kussingsloop
Ek het dieselfde resep as bo gevolg en pragtige voëltjies op die kussingsloop gestryk. Dit is spotgoedkoop en kan ’n was deurstaan. Onthou net om nooit bo-oor dit te stryk nie.