Daar is verskeie maniere waarop ons kan help om ons kinders sterk en gesond te hou. Of ons hulle nou aanmoedig om gesond te eet of gereeld te oefen, die regte balans is egter noodsaaklik.
Terwyl die regte dieet ’n groot rol speel om kinders teen verkoue en griep te beskerm, kan hul immuunstelsels selfs verder versterk word deur die inname van multivitamiene.
Kinders handhaaf deesdae ’n besige skedule en daarom is dit normaal dat die moegheid hulle al meer kan oorval. Daar is egter verskeie maniere waarop ’n optimale gesonde lewenstyl gehandhaaf kan word.
• Wees daagliks aktief
Moedig kinders aan om gereelde fisieke aktiwiteite te doen, ten minste 60 minute per dag.
• Kies water bo gaskoeldrank
Water is gesonder as vrugtesap en gaskoeldrank.
• Voeg groente en vrugte by hul dieet
Al is dit dikwels moeilik om kinders te oorreed om groente en vrugte te eet, is dit noodsaaklik. Vind uit wat jou kind se gunstelinggroente of -vrug is, dit kan net help om hom/haar teen verkoues en griep te beskerm.
• Kies gesonde peuselhappies
Vervang aartappelskyfies en sjokolade met vrugte, volgraanbeskuitjies of suiwelprodukte met verminderde vet, soos jogurt.
Klik hier vir 33 gesonde kosse sonder suiker vir jou kind.
Het jou kind dalk hoë bloeddruk? Lees meer hier.
Help hom of haar om goed te presteer. Hier is ’n lys van eksamenkos vir topprestasie.