ServetringeVersier jou tafel met jou eie servetringe en verras jou gaste met jou kreatiwiteit. Sny reghoekige stroke vilt om die basis van die servetring te vorm. Knip enige motiewe wat jy wil gebruik vir die versiering van jou servetring en plak dit vas met materiaalgom. Los vir ’n dag sodat die gom behoorlik uitdroog. Wenk – wees kreatief met die gebruik van kleur, motiewe en selfs ander items soos knope of gare.
Versiering
Wat ’n oulike idee om jou klere, kopbande en vele meer te versier. Knip enige motief uit die vilt wat jy sal wil gebruik. Gebruik ’n haakspeld om dit aan die verskillende items vas te steek.
Koffiebekers
In die winter kan jy hierdie idee gebruik om ’n meer snoesige gevoel te gee aan hoe jy jou koffie bedien. Sny stroke van vilt wat om jou koffiebekers sal pas en versier dit met jou keuse van motiewe. Jy kan ook die stroke groter maak sodat dit die hele beker bedek en selfs die koffie bietjie langer warm hou. Gebruik velcro om dit vas te hou.
Wynglas-merkers
’n Goeie idee vir die winter is om wynglase van jou gaste te merk vir wanneer almal om die kaggelvuur sit. Neem die vilt en knip klein strokies wat om die glase se vashou-plek sal pas. Werk velcro aan die punt waar die vilt bymekaar kom sodat jy die merkers weer kan afhaal na die geselligheid.
Wenk – gebruik verskillende kleure (of motiewe) sodat elke gas weet watter kleur sy, of haar, wynglas-merker is.
Wenk – gebruik verskillende kleure (of motiewe) sodat elke gas weet watter kleur sy, of haar, wynglas-merker is.