Maak 36 koekies
Bestanddele
- 500 ml (2 k) koekmeel
- 60 ml (¼ k) mielieblom (Maizena)
- 265 ml (1 k + 1 e) sagte botter
- 80 ml (1⁄3 k) sagte bruinsuiker
- 80 ml (1⁄3 k) goeie kitskoffie koffiebone om mee te versier
Metode
- Voer ’n bakplaat met silikoon of bakpapier uit.
- Sif die koekmeel en mielieblom saam in ’n groot mengbak.
- Room die botter en suiker tot lig en donsig. Meng die koffie deur. Meng dan die meel by.
- Skep die deeg in ’n spuitsak met ’n 2 cm-stertuit. Spuit koekies van 4,5 cm sowat 2 cm uit mekaar op die bakplaat.
- Druk ’n koffieboon liggies bo-op elke koekie en sit vir sowat 2 uur in die yskas.
- Voorverhit die oond tot 160 °C.
- Bak vir 25 min tot gaar. Draai die bakplaat ná 15 min sodat die koekies eweredig bak. Laat heeltemal afkoel op die bakplaat.