Vir die betaalboksie het ek ’n kartondosie gemaak wat presies pas. Ek het dit oorgetrek en sommer ’n foto’tjie met ’n raam voor vasgeplak. Hierdie dosie skuif maklik uit as jy jou beskikbare krag wil sien.
Vir die elektriese bord het ek twee lappies op mekaar vasgestik. Ek het toe Velcro aan die agterkant geheg. Daar is Velcro beskikbaar waarvan die een geplak en die ander gestik word. Gebruik hierdie produk en plak die Velcro direk op die bord. Die lappies heg dan maklik en kan verwyder word as dit gewas moet word.