1. Ons smeer hulle in met Aqueous-room. Aqueous-room bevat Sodium Lauryl Sulfate (SLS), wat dikwels vel-irritasie veroorsaak. Aqueous-room kan wel gebruik word in plaas van seep in die bad.
Lees ook: Badpret: gee jou baba ’n voorsprong!
2. As ons die woord “baba” op ’n produk sien, dink ons dit is outomaties geskik vir babas. Baba-produkte moet verkieslik geen parfuum en SLS bevat nie.
3. Ons bevogtig nie hulle velletjies genoeg nie; ’n baba se epidermale sperfunksie (wat vloeistof binne jou vel hou) werk nie behoorlik nie en ’n mens moet ’n baba elke drie tot vier uur goed insmeer met room.
4. Ons dink gewoonlik dat water genoeg is om ’n baba mee te was. Jy benodig egter iets wat vetoplosbaar is om behoorlik te reinig. Op sy eie droog water ook die vel uit.
Lees ook: Hoekom babas moet kruip
5. Ons glo dat organiese produkte oor die algemeen beter is.
Ons het dr. Manjra ontmoet by Eucerin Aquaphor se bekendstelling. Dit is ’n alles-in-een-produk wat gebruik kan word om ’n kwyl-uitslag te voorkom, as ’n boudjie-salf of vir ekseem.
Lees ook: Van bababedjie na kinderbed