Benodighede:
Houtlym
Terpentyn
Liniaal
NT-lemmetjie of skêr
A2-grootte wit-en-swart fotostaat (Jetline)
Kwas
1 potjie découpage-basis
1 potjie découpage-bedekker
1 buisie Antique Bronze Rub
Papierservet
Maak so
- Skuur die houtoppervlakke met skuurpapier glad.
- Meet die planke met die liniaal en deel dan die fotostaat in gelyksoortige stroke op.
- Verf die agterkante van die stroke met houtlym en plak een vir een op die gladde houtvlakke.
- Plak netjies om latere kreukels te voorkom.
- Gebruik ’n “kraak” découpage-basis. Ons het Small Crack Découpage Base van Dala gebruik.
- Bedek die oppervlak met twee tot drie lae Small Crack Base. Laat elke laag eers goed droog word.
- Bedek die oppervlak met een laag bedekker. Laat oornag droog word.
- Verdun die bronsbedekker met terpentyn en wend aan.
- Vryf die bronslagie met ’n papierservet in die krakies in.