Voorverhit die oond tot180 ºC. Knoffel-en-pietersielie-botter 1 Verwerk die botter, pietersielie, knoffel en suurlemoensap in ’n voedselverwerker tot glad. Skep op kleefplastiek en rol om ’n worsie te vorm. Sit in die yskas om te set.Geroosterde hoender met knoffel-en-pietersieliebotter
Ingredients
Instructions
1 Smeer die hoender buite-om en onder die vel met die gegeurde botter. Jy sal by die borsgedeelte en die boudjies ’n holte met jou vingers kan loswikkel. Geur met sout en peper.
2 Sit die suurlemoen, ui en roosmaryn in die maagholte. Sit die hoender op ’n bakplaat en rooster vir minstens 1 uur.
3 Laat die vleis vir ’n paar minute rus en sny in stukke. Smeer die hoender net voor opdiening weer met botter.