Bestanddele
- 200 g (1 k) suiker
- 220 g (1 k) botter
- 3 eiers
- 500 g (4 k) bruismeel
- klapper om koekies in te rol
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit, of spuit met kleefwerende kossproei.
- Room die suiker en botter saam tot lig en donsig. Voeg die eiers een vir een by. Meng goed voor jy die volgende een bygevoeg.
- Voeg die bruismeel by en meng goed. Bedek met kleefplastiek en laat oornag rus.
- Rol die deeg in balletjies met ’n deursnee van sowat 5 cm. Gooi ’n bietjie klapper in ’n bordjie en rol die balletjies daarin.
- Pak die balletjies op die bakplaat uit en bak vir 15-20 min. Haal uit en laat op ’n draadrakkie afkoel.