Salm en avokado slaai
Serves: 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Instructions
- Skil en sny 2 avokado’s in kwarte. Rangskik op ’n groot dienbord.
- Pak 200 g gerookte salm tussen die avokadoskywe.
- Dreineer 1 x 310 g-blik mandarynskyfies en 1 x 410 g-blik pomeloskyfies en sit in die slaai.
- Strooi 50 g (’n halwe pakkie) gekapte pistasieneute oor. Voeg laastens twee hande vol vars bronkors (watercress) by.
- Meng 20 ml (4 t) lemoensap, 60 ml (¼ k) olyfolie, 5 ml (1 t) Dijon mosterd en 2,5 ml (½ t) gemaalde gemmer.
- Voeg die gerasperde skil van een lemoen en 5 ml (1 t) vars tiemieblaartjies by. Geur met seesout en swartpeper.
- Sprinkel oor die slaai en sit voor.
Rooi Rose
Lees Meer
Waatlemoen-pizza met gebraaide feta
15/11/2024
Lenteslaai met ’n verskeidenheid eiers
30/10/2024