Watter grootte lamsboud?
Genoeg vir 4: 1,75 – 2 kg
Genoeg vir 6: 2 – 2,5 kg
Genoeg vir 8: meer as 2,5 kg
Gaarmaaktye
Volg dié riglyne as jy lamsboud op die tradisionele manier rooster.
Voorverhit die oond tot 180 °C.
– Vir medium gaar: 20 min. vir elke 500 g + 15 min.
– Vir goed gaar: 25 min. per 500 g + 15 min.
– Haal uit die oond, bedek met foelie en laat rus vir 30 min.
Vleistermometer
Die temperatuur wat aangedui word, is dit waarby die vleis uit die oond verwyder moet word.
Medium gaar 70 °C.
Goed gaar 80 °C – 85 °C.
WENK: Om te toets of die vleis gaar is sonder ’n termometer: Druk ’n toetspen in die dikste gedeelte van die vleis. Hoe pienker die vleissappe, hoe rouer is die vleis. As die vleissappe deursigtig is, is die vleis gaar.