1 Verwyder die oortollige vet van die eend. Vryf 15 ml brandewyn oor die eend en gooi 15 ml saam met die lemoen in die maagholte. Vryf sout en peper in die vel in en strooi ’n bietjie in die holte ook. Prik die vel met ’n tandestokkie. Sit die eend op ’n roosterrakkie in ’n oondpan en bak vir 20 min. om die vet te smelt.Die lekkerste lemoeneend
Ingredients
Instructions
2 Draai die temperatuur af na 190 °C. Haal ná 40 min. uit. Gooi die vet af (bewaar die vet soos goud) en gooi die aftreksel en tamatiepuree in die oondpan by die eend. Sit terug in die oond en rooster tot goudbruin tot die sappe helder uit die dikste deel van die boudjies loop.
3 Berei intussen die sous: Meng die suiker en botter in ’n middelslagkastrol en smelt oor ’n lae hitte. Laat karamelliseer.
4 Voeg die res van die bestanddele tot by die wynasyn by en kook af tot dit met ’n derde verminder het.
5 Voeg ’n halfkoppie van die gebakte eend se pansouse by. Voeg die swartbessiekonfyt en die mielieblom aangemaak in ’n bietjie water net voor opdiening by. Laat kook tot blink en verdik.
6 Sit die eend voor met vars lemoensegmente en die lemoensous.