Stadig geroosterde varkblad
Serves: 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 45 ml (3 e) korrelmosterd
- 60 ml (4 e) vinkelsaad
- 15 ml (1 e) growwe sout
- 4 middelslagwortels in groot stukke gesny
- 3 rooi uie, in kwarte gesny
- 8 klein heel preie
- 1 knoffelknol, huisies losgebreek
- ’n hand vol vars tiemie
- 5-6 kg varkblad met die been aan olyfolie om oor die vark te giet
- 375 ml (1 botteltjie) appelbier (cider)
Instructions
Voorverhit die oond op sy hoogste stelling.
- Sny met ’n skerp mes kepe in die vel van die vark. Smeer die die vleis met die korrelmosterd. Maak die vinkelsaad en die growwe sout in ’n stamper en vysel fyn. Smeer dit ook oor die oppervlak van die vark en druk dit in die kepe van die vleis.
- Rooster vir 20-30 min. of tot die vel begin goud verkleur. Haal uit en verlaag die temperatuur tot 100 °C.
- Lig die vleis vinnig uit die pan. Sit al die gesnyde groente in die bakplaat. Sit die vleis op die groente, gooi nog olyfolie oor alles en rooster vir 9-12 uur tot die vleis en die groente sag is.
- Gooi die appelbier oor die vark as die laaste uur van die baktyd aanbreek. Bak vir nog ’n uur. Haal uit en laat vir 30 min. rus. Sit die vleis en groente met sagte kapokaartappels voor.
Rooi Rose
Lees Meer
Varkvleis: Kook een keer, eet drie keer
12/09/2024
Maak potjiekos!
15/11/2023
Indiese varkkerrie
07/08/2023