Genoeg vir 4
• 1 liter (4 k) warm melk
• ½ k gekapte donkersjokolade, gesmelt in die melk
• 4 sopies (25 ml elk) lemoenlikeur
• gerasperde skil van 1 lemoen
• 125 ml (½ k) room, geklits
Meng alles behalwe die geklitste room in ’n kastrolletjie, laat deurwarm word. Giet in 4 bekers en skep lepels vol room bo-op. Sit warm voor.