Worsies en bone in tamatiesous
Ingredients
- • 250 g spek, in blokkies gesny
- • 1 hoeveelheid tamatiesous
- • 1 x 400 g-blikkie cannelini-boontjies
- • 8 stukkies boerewors
- • ’n hand vol basiliekruidblare
- Voorverhit die oond tot 220 °C.
Instructions
- Braai die spek tot goudbruin en bros. Meng die tamatiesous en bone en gooi in ’n oondvaste bak.
- Rangskik die worsies op die tamatiesous. Bak vir 30 min. Die worsies sal sag en sappig aan die onderkant en bros aan die bokant wees.
- Haal die worsies uit die oond, skeur die basiliekruid in kleiner stukkies en strooi oor die worsies.
Rooi Rose
Lees Meer
Blitsvinnige spek en groente quiches
05/02/2025
Frikkadelle in tamatiesous
17/01/2025
Geroosterde aartappel-en-spek-slaai
19/12/2024