Gevulde Mediterreense lamsboud
Serves: 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- ¼ k Italiaanse pietersielie, fyn gekap
- ’n paar takkies tiemie, gebruik slegs die blaartjies
- 2 ansjovisfilette, fyn gekap
- 2 knoffelhuisies, fyn gekap
- gerasperde skil en uitgedrukte sap van 1 suurlemoen
- 1 k vars broodkrummels (±4 snye)
- ¼ k (60 ml) olyfolie
- 1 lamsboud van meer as 2 kg
- sout en swartpeper
- Voorverhit die oond tot 200 °C.
Instructions
- Meng die kruie, ansjovis, knoffel, suurlemoenskil en -sap en broodkrummels. Voeg die olyfolie by en meng deur tot die broodkrummels begin saampak. As jy ’n klein handmenger het, kan jy alles sommer daarin maal.
- Sit die lamsboud met die vleiskant na bo voor jou op ’n kapplank neer. Maak diep snye tot amper teen die been - sowat ’n vingerbreedte uitmekaar - in die lengte van die lamsboud. Geur met sout en peper en druk die broodkrummelmengsel in die kepe in. Sprinkel ekstra olyfolie oor. Bind die boud stewig vas met kombuistou.
- Sit in ’n oondpan en rooster vir sowat 1-1½ uur tot goudbruin en gaar - afhangend van hoe gaar jy van jou vleis hou. Sit voor met geroosterde aartappels en groente van jou keuse
Rooi Rose
Lees Meer
Spesery-lamsboud in ’n baksakkie
08/08/2024
Mediterreense pizza
14/08/2023