Garnale in ’n klappermelksous
Serves: 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 400 ml (1 blikkie) klappermelk
- 2 skyfies vars gemmer
- 2 kaffir-lemmetjieblare
- 2 brandrissies, gehalveer
- ’n paar takkies koljanderblare
- 15 ml (1 e) lemmetjiesap
- 15 ml (1 e) bruinsuiker
- 1 kg steurgarnale, skoongemaak
- ’n hand vol koljanderblare
Instructions
- Kook die klappermelk,vars gemmer, lemmetjieblare, brandrissie en koljanderblare vir ±6 - 8 min. in ’n klein kastrol oor matige hitte.
- Skep die gemmer, lemmetjieblare, brandrissie en koljanderblare met ’n gaatjieslepel uit.
- Voeg die steurgarnale by die klappermelk en kook vir ±3 min. tot die garnale pienk en gaar is. Sit voor met ’n hand vol koljanderblare en skyfies vars lemmetjie.
Rooi Rose