Katie Holmes sal vir Olay verteenwoordig in hul nuwe veldtog “Your Best Beautiful”, wat vroue regoor die wêreld wil inspireer om mooi te voel en hul “best beautiful” te wees in hul eie vel.
Katie sê: “Olay is ’n handelsmerk waarin ek glo en vertrou, ek hou baie van die produkte en die feit dat Olay vroue wil bemagtig om elke dag hul beste glimlag voor te sit.”