1. Vee alle stof en olierigheid af met ’n sagte lap
!["](https://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/01/IMG_0180.jpg)
2. Skroef die ou handvatsels versigtig af en vul die gaatjies met houtvuller
!["](https://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/02/IMG_0182.jpg)
!["](https://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/02/IMG_0184.jpg)
!["](https://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/02/IMG_0185.jpg)
3. Skuur die houtvuller saggies gelyk met die kas
!["](https://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/02/IMG_0189.jpg)
4. Verf die eerste laag Chalk Paint in ’n dun lagie. Wag tot heeltemal droog en verf nog ’n laag. Drie lae behoort genoeg te wees
!["](https://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/02/IMG_0188.jpg)
5. Week musiekpapier in tee tot ligbruin. Laat goed droog word
!["](https://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/02/IMG_0187.jpg)
6. Plak die musiekpapier met Podge op die kas. Moenie die papier eweredig plak nie
!["](https://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/02/IMG_0195.jpg)
7. Plak roosmotiewe bo-oor. Voeg gerus ou storieboekpapier of groot gedrukte letters by die ontwerp
!["](https://www.rooirose.co.za/wp-content/uploads/2016/02/IMG_0205.jpg)
8. Seël met ten minste agt lae Podge. Wag een uur tussen lae
9. Skroef nuwe handvatsels vas