Kruiepesto
Kruiepesto is deesdae in ’n verskeidenheid geure beskikbaar en die gebruike daarvan is legio. Gebruik dit as ’n doopsous, roer dit deur pasta of smeer dit oor geroosterde vleis.
Maak jou eie pesto
Kap 2 groot hande vol basiliekruid,
50 g (1/2 pakkie) dennepitte of macadamianeute,
2 knoffelhuisies, 50 g (1/2 k) gerasperde parmesaankaas en sout na smaak in ’n voedselverwerker of ’n vysel fyn.
Voeg 80 ml (1/3 k) olyfolie drupsgewys by.
Geur met swartpeper en hou in ’n gesteriliseerde botteltjie in die yskas.