Is jy ’n banter of ’n gebalanseerde? Lees hier watter dieet die beste vir jou is.
#rooirosewenk: Eet as voorgereg iets met vet (soos kaas), sodat jy gouer versadig sal voel.
Op die spyskaart | Vir banters | Vir gebalanseerdes |
Voorgereg | Griekse slaai. (Bestel sonder die bruschetta en vra vir olyfolie pleks van slaaisous). avokado ritz. | Griekse slaai. Bestel sonder die bruschetta en vra vir olyfolie pleks van slaaisous. |
Ligte etes | Peri-peri-hoenderlewertjies; slakke met knoffel en mozzarella; trinchado; blackened calamari sonder ’n degie; gerookte salmslaai; warm hoenderslaai; Caesarslaai (los die croutons en slaaisous en gooi olyfolie oor). | Oondgeroosterde calamari (sonder skyfies of rys; vra vir ’n gebakte of gekookte aartappel); carpaccio; gerookte salmslaai; warm hoenderslaai. Bestel die slaai sonder die bruschetta, en vra vir olyfolie pleks van slaaisous (maar gebruik min olie). |
Burgers | Enige burger, maar los die broodrolletjie en skyfies, en vra vir slaai of ekstra kaas in die plek daarvan. | Enige burger. Los die skyfies en vra vir ekstra slaai. Los die broodrolletjie. Die souse is óf te soet óf te vetterig. Ruil souse liewer vir ’n skyf kaas. |
Biefstuk | Enige biefstuk met die geroosterde uieringe (maar los die rys en aartappels); bief-schnitzel; espatada; biltong-en-avokado-rump. Banters eet nie meer vleis as gebalanseerdes nie. ’n Vroueporsie van 200 g is dubbel soveel as ’n normale porsie vleis. Sny dadelik die helfte van jou biefstuk af, en vra die kelner vir ’n braksakkie. | Enige biefstuk; biltong-en-avokado-rump. Maar los die uie, rys en aartappels. Vra vir ekstra slaai sonder slaaisous in die plek daarvan. ’n Vroueporsie van 200 g is dubbel soveel as ’n dieetporsie. Sny dadelik die helfte van jou biefstuk af, en vra die kelner vir ’n braksakkie. |
Pizza en pasta | Nie vir Banters nie. | Enige pizza en pasta. Maar as jy gewig wil afskud, is die porsies te groot. Bestel dus ’n dun kors of eet net die helfte van die kors. |
Seekos | Enige van die seekosgeregte met suurlemoenbotter. Net een voorwaarde: los die skyfies, rys en Tartaarse sous. Vra vir vars suurlemoenskyfies en slaai. | Enige van die seekosgeregte maar laat dit rooster, eerder as om dit te braai. Vra vir vars suurlemoenskyfies en slaai sonder sous in die plek van skyfies, rys en Tartaarse sous. |
Nagereg | Eintlik is Banters te versadig vir nagereg. Gewone koffie met room is die ideale afronding, mits jy nog honger is. ’n Halfporsie sjokolademousse met room is die naasbeste keuse. |
Hmm … eintlik eet gebalanseerdes ’n vars vrug as nagereg, as hulle nog honger is. Dié spyskaart het werklik geen nagereg vir gebalanseerde diëters nie, behalwe dalk Ierse koffie. |