Genoeg vir 4
• 500 ml (2 k) amandelmeel
• knypie sout
• 2,5 ml (½ t) bakpoeier
• 2,5 ml (½ t) kaneel
• 4 eiers
• 10 ml (2 t) xylitol
• 125 ml (½ k) jogurt
• botter vir braai
1 Meng al die droë bestanddele in ’n groot mengbak.
2 Klits die eiers, xylitol en jogurt saam. Meng die droë bestanddele by die nat bestanddele en meng goed.
3 Verhit die botter in ’n kleefwerende pan oor matige hitte.
4 Skep groot eetlepels vol van die mengsel in die pan (braai so 3-4 op ’n slag) en braai vir 3-5 min. of tot borrels aan die bokant verskyn.
5 Draai om en braai vir nog 2 min. of tot goudbruin.
6 Sit met vars bessies en room voor.