Gevulde harders oor die kole
Serves: Genoeg vir 8
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Ek het die harders met dieselfde vulsel as die calamari-buise gevul (klik hier vir die resep) en dit toe met parmaham toegedraai om alles binne te hou. Jy kan ook repies spek gebruik as die parmaham te duur is.
- 250 ml (1 k) van die rysvulsel (resep by die gevulde calamari)
- 8 harders of sardientjies, skoongemaak
- 8 snytjies parmaham
- suurlemoenskyfies vir opdiening
Instructions
1 Skep die vulsel in die oopgesnyde vis en draai styf met parmaham toe.
2 Steek met ’n tandestokkie vas en braai oor matige kole tot gaar.
Michelle Nortje