Teejellies
Serves: 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Koop ’n geurige Oolong-tee soos Vanilla Rose en maak die mooiste jellies daarmee.
- 20 ml (4 t) poeiergelatien
- 125 ml strooisuiker
- 500 ml water
- 10 ml (2 t) roostee (ons het Origin se Vanilla Rose gebruik)
Instructions
- Laat die gelatien vir 5 min. in 60 ml (¼ k) water week tot dit soos ’n spons lyk.
- Verhit die water en suiker in ’n klein kastrol oor matige hitte en roer tot die suiker opgelos is. Voeg die tee by en laat trek vir 1-2 min.
- Roer die gelatien by die warm vloeistof tot dit gesmelt is. Gooi in 6 mooi jellievormpies met ’n inhoudsmaat van 90 ml. Sit in die yskas vir minstens 2 uur of tot geset.
Michelle Nortje