Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms dramatiese blik op moderne moederskap en vyf ambisieuse vroue se besige skedules, glansryke lewens en komplekse vriendskappe.
Na die vorige weergawes van hierdie werklikheidsreeks in Johannesburg en Durban, verskuif The Mommy Club: Van die Hoofstad nou die fokus na Pretoria, waar Ansu Viljoen, Crystal Van Der Burgh, Johandri Johnson, Louise Volschenk en Tessa Tullues die uitdagings van moederskap, die getroude lewe én egskeiding aanpak.

Ansu Viljoen (30), ’n entrepreneur en ma van twee kinders onder vier, verklap meer oor haar Mommy Club-reis:

(Foto: Media24/Gallo Images/Luba Lesolle)
Hoe was jou ervaring van dié reeks se verfilming?
Die verfilming van die program was werklik ’n tuimeltreinrit van emosies. Daar was dae vol van lag en spesiale oomblikke, maar daar was ook moeilike dae wat my wilskrag getoets het. Dit was ’n uitdagende tydperk vir my en my familie, maar uiteindelik het dít ons nader aan mekaar gebring. Ons het geleer om ons tyd as ’n familie saam selfs meer te koester.
Het jy hegte bande met enige van die ander ma’s gesmee?
Crystal is al jare lank een van my beste vriendinne, en ek is ongelooflik dankbaar daarvoor. Wat die ander betref… Ek het aanvanklik potensiaal vir sterk bande gesien, veral met Johandri, aangesien ons gedeelde belangstellings gedeel het. Die groepdinamika het egter dikwels tot misverstande gelei, en daarmee saam glo ek dat vertroue die grondslag van enige verhouding moet wees. As ek terugkyk, besef ek dat nie almal bedoel is om in jou binnekring te wees nie, en dis heeltemal oukei.
Lees ook: The Mommy Club: Van die Hoofstad: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks
View this post on Instagram
Was daar enigiemand met wie jy gesukkel het om oor die weg te kom?
Daar was sekere groepdinamika wat dit vir my moeilik gemaak om met sommige van die ander ma’s te connect. Ek glo in wedersydse respek en eerlikheid in vriendskappe, en toe ek patrone van onbetroubaarheid begin opmerk het, het ek gekies om eerder my afstand te hou as om verhoudings te forseer wat nie met my waardes ooreenstem nie.
Lees ook: The Mommy Club: Van die Hoofstad se Louise Volschenk: ‘Dinge is nie altyd so glansryk nie!’
Is daar enigiets wat jy tydens verfilming gedoen het wat jy nou wens jy anders hanteer het?
As ek enigiets kon verander, sou ek my instinkte meer vertrou het en vroeër gepraat het oor wat werklik aan die gebeur was. Maar terselfdertyd glo ek alles gebeur met ’n rede. Hierdie ervaring het my daaraan herinner dat om getrou aan my waardes te bly, selfs wanneer dit moeilik is, altyd die regte keuse is.
Wat was iets wat jou verras of onkant gevang het tydens die reeks se verfilming?
Die grootste verrassing was om te sien hoe vinnig mense mekaar kon aanval. Dit het my laat besef hoe skaars ware lojaliteit is. Wat my egter die meeste teleurgestel het, was om te sien hoe ma’s ander ma’s shame terwyl hulle self weet hoe moeilik hierdie reis kan wees. In plaas daarvan om mekaar te ondersteun, het sommige van hulle gekies om eerder ander af te breek.
Ek het dit ook teleurstellend gevind hoe sommige vroue sukkel om ’n ander persoon se sukses te vier, asof iemand ander se prestasie iets van hul eie sukses wegneem. In my lewe prioritiseer ek vriendskappe wat op eerlikheid, aanmoediging en ondersteuning gebou is. Hierdie ervaring het versterk hoe belangrik dít is.
Ek hoop werklik dat ons as vroue mekaar kan begin ophef en ’n meer positiewe ruimte kan skep – nie net vir onsself nie, maar vir almal om ons.
Wat het jy oor jouself geleer?
Ek het geleer dat niemand perfek is nie, en dis oukei. Meer belangrik – ek het besef hoe sterk ek is. Ek het, ongeag die omstandighede, aan myself, my waardes en dit waarin ek glo getrou gebly.
View this post on Instagram
Waarom moet mense dié reeks kyk?
Dis eg. Dis rou. Dit gaan nie net oor die glitz en glam nie. Dit gaan oor die hoogte- en laagtepunte van ouerskap, verhoudings en die lewe self. Of jy nou ’n ma, ’n sakevrou of iemand is wat vriendskappe en persoonlike groei meemaak, daar is iets hier vir almal. Dis ’n reis wat die moeite werd is om te kyk.
The Mommy Club: Van die Hoofstad kan op Showmax gestroom word. Nuwe episodes is elke Vrydag beskikbaar.