Foto’s: Instagram/Vasti Spiller
Die UFC-middelgewigkampioen, Dricus du Plessis het Dinsdag ’n ekstra-spesiale verjaardaggeskenk gekry toe sy meisie, Vasti Spiller – ingestem het om met hom te trou na hy vir haar die jawoord by sy 31ste verjaarsdagviering gevra het.
Die verliefde paartjie het in die restaurant Upper East Side in Hazelwood, Pretoria voor ‘n klomp van hul naastes verloof geraak.
Vasti, ‘n fotograaf en skrywer, het op Instagram ‘n video gedeel van Dricus wat in ‘n pak geklee, voor haar kniel en haar vra of sy die “Du Plessis-tatoe sal wil hê.”
View this post on Instagram
Sy het die volgende oor dié gelukkige oomblik gedeel: “Nie meer twee nie, maar een.”
View this post on Instagram
Lees ook: Marciel Hopkins word ‘n mamma +4 ander bekendes wat vanjaar babas verwag!
Vasti pronk al amper twee jaar aan Dricus se sy. Volgens Maroela Media, het die twee destyds mekaar by Dricus se gimnasium, CIT Performance Institute in Pretoria ontmoet.
Lees ook: Baba op pad vir Demi-Leigh!