Resep: ‘Dairy Gives You Go‘
Bestanddele
- 1 ½ koppie gladde medium-vet maaskaas – kamer temperatuur
- ¾ koppie gesmelte melksjokolade
- 2 eetlepels kakao poeier, gesif
- ½ koppie versiersuiker, gesif
Metode
- Gebruik ‘n medium groote mengbak. Voeg die maaskaas, kakao, versiersuiker en gesmelte sjokolade in die mengbak en meng deeglik met ‘n slaplemmes of handklitser. Meng deeglik tot al die bestanddele goed gemeng is en die mengsel ‘n gladde tekstuur het.
- Skep die mengsel uit in klein, individuele koppies of glase en plaas dit in die yskas vir ongeveer 40 minute. Die nagereg kan bedien word met ‘n bietjie geklopte room en gesifte kakao. Bedien koud en geniet.
*Die nagereg-mengsel kan ook oornag in die yskas gelaat word