Resep: ‘Dairy Gives You Go‘
Bestanddele
- 2 koppies koekmeel
- ¾ koppie Amasi
- ¼ koppie kookolie (sonneblom of canola olie)
- ½ teelepel bakpoeier
- Knypie sout
Metode
- Meng die koekmeel, sout en bakpoeier saam in ‘n groot mengbak.
- Voeg die Amasi en olie by. Gebruik jou hande of ‘n elektriese menger om al die bestanddele deeglik te meng.
- Sodra die deeg ‘n sagte mengsel vorm, knie dit vir ‘n paar minute tot die deeg ‘n gladde en egalige tekstuur het. Vorm ‘n ronde deegbal en bedek dit met ‘n nat kombuislappie of kleefplastiek. Laat die deeg vir ongeveer 15 minute rus.
- Haal die deeg uit en plaas dit op ‘n meelbestrooide oppervlak. Druk dit effens plat en verdeel die deeg in 8 eweredige dele. Vorm gholfbal grootte deegballe en plaas dit eenkant tot benodig.
- Gebruik ‘n plat, onbedekte pan en verhit dit oor medium hitte. Rol elke deegbal uit met ‘n koekroller om klein ronde platbrode te vorm. Smeer die pan liggies met olie en plaas elke platbrood een vir een in die warm pan.
- Bak die platbrood 40 sekondes en keer dit dan om. Bak aan die ander kant vir een minuut en keer dit dan weer om. Daar behoort lugborrels in die deeg te vorm.
- Sodra die brood goudbruin van kleur is, is dit gereed om uit die pan te verwyder.
- Die platbrode kan met ‘n verskeidenheid van smere of bestanddele bedien word. Gebruik byvoorbeeld roomkaas, pangebraaide kersietamaties, vars basiliekuid, sout en gemaalde peper, en geniet!