Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts
Altesaam 37 produsente het 104 verskillende wyne van ou wingerde te proe aangebied.
Die projek wat wingerde ouer as 35 jaar volgens ‘n spesiale sertifseringsproses uitsonder, is enig in die wêreld en danksy die noukeurige boekhouding van SA Wynbedryf Inligting en Stelsels NPC (SAWIS) moontlik. Volgens hul rekords kan nagespoor word presies wanneer elke wingerd aangeplant is.
Twee van die raarste wyne was die Leeu Passant Wellington Old Vines Basson Cinsault – die oudste geregistreerde rooi-variëteit en is in 1900 geplant. Die wyn kos R780 per bottel. David & Nadia se Hoë-Steen se wingerd is in 1968 geplant en baie raar, omdat net 1936 bottles produseer is. Die wyn kos R1100.
Die aand was nie net vol wyn-hoogtepunte nie, maar Rosa Kruger, stigter van die projek, het vertel dat daar tans 140 lede en die ou wingerde in Suid Afrika beslaan 4870 hektaar. Naas Chenin Blanc is Colombar, gevolg deur Sauvignon Blanc die varieteite met die meeste ou wingerde. Daar is ook Semillon, Palomino, Crouchen, Chardonnay, Muscat d’ Alexandrie, Cinsault, Grenache, Gamay Noir, Pinotage, Tinta Barocca en vele meer.
Die projek vier ook vanjaar sy 22ste jaar en het nie net Suid-Afrikaanse ouer wingerde in die kollig geplaas nie, maar ook ‘n opleidings-vertakking; snoeiwerkswinkels, navorsingsprojekte en vele ander fasette om mense in die bedryf meer van ouer wingerde te leer.
SAWIS se rekordhouding strek terug tot 1900. Daar is wel een of twee wingerde wat selfs vroeer geplant is, onder meer ‘n Muscat d’Alexandrie wat in die 1880’s geplant is, maar meeste wingerde het in die laat 1800s onder Phylloxera deurgeloop en moes uitgetrek word.
Nog ‘n hoogtepunt was die bekendmaking van die eerste Prescient Old Vine Report 2024 wat deur winemag.co.za bestuur is.
Die top-presteerders van hierdie nuwe kompetisie is as volg:
Knorhoek Chenin Blanc 2022 (95); Nederburg Heritage Heroes The Anchor Man Old Vine Chenin Blanc 2023 (95); Old Road Wine Co. Stone Trail Chenin Blanc 2023 (95); 22 Families OVP Certified Bush Vine Chenin Blanc 2023 (Riebeek Valley Wine Co) (94); Diemersdal Chardonnay Reserve 2023 (94); Donkiesbaai Steen 2023 (94); Kleine Zalze Family Reserve Chenin Blanc 2023 (94); Roodekrantz Somerkind Old Vine Chenin Blanc 2023 (94); Terre Paisible Les Dames de ’87 Old Vines Sauvignon Blanc 2023 (94) en Thistle & Weed Duwweltjie Chenin Blanc 2023 (94).
Christian Eedes van winemag.co,za het gesê dat die inskrywings van besonder hoë gehalte was en dat die hoë tellings baie skaars is by enige Prescient Report onder die winemag-vaandel.
Daar was altesaam 58 inskrywings en 44 hiervan het hoër as 90 punte gekry. Dit was die beste skou van die jaar. “Die top-presteerders was wit versnitte en Chenin blanc het ook triomfeer. Dis natuurlik nie onverwags nie, meer as 50% van die ou wingerde in Suid-Afrika is Chenin blanc,” het hy vertel.
Tussen al die wynproe deur, is peuselhappies bedien, wat die wyne perfek gepasmaat het.
Lees ook: Swartland Straatpartytjie: ‘n Unieke viering in die prentjiemooi Riebeek-Kasteel