Dié vyf storielyne gaan die tonge behoorlik laat klap:
-
Kate neem beheer
Kate sukkel om die ongehoorsame huurders in toom te hou. Chris se besluit om die huis te verkoop skep nog meer onsekerheid by almal. Die huurders hoef gelukkig nie te trek nie want Kate besluit om die huis te koop. Maar haar besluit kom teen ’n prys vir die huurders wat hulle nie verwag het nie: Streng reëls. En nou is die gort behoorlik gaar . . .
-
Lee-Ann se soeke na geregtigheid
Lee-Ann sukkel steeds om die werklikheid van haar trauma te verwerk, terwyl Debbie se hulp en wraakgedagtes olie op die vuur is. Geregtigheid het nie noodwendig ’n swaard in die hand nodig nie.
-
Siya se stryd
Mo se ware gevoelens vir Siya kom op die lappe en dit hou skokkende gevolge in vir Ruiterbosch se geliefde pastoor. Boonop daag haar broer, Jacques, op en hy ruik ’n rot. Gaan Siya die storm wat hom tref, oorleef?
-
Kaashifa se restaurant-droom in gevaar
’n Swanger Kaashifa se droom om ’n fynproewer-restaurant oop te maak, veroorsaak konflik binne die Samsodien-gesin, veral wanneer Rhafiek sonder haar medewete besluit om die volle beheer (van?) aan Nazeem oor te gee. Gaan Kaashifa haar eie gesondheid op die spel plaas en soos Nazeem kortpaaie begin neem om die restaurant aan die gang te hou? Bianca vermoed ook onraad met Nazeem aan die stuur en dit begin al hoe meer lyk of Kaashifa se droom besig is om in ’n nagmerrie te ontaard.
-
’n Gemeenskap in konflik
Elana en Aiden snoer kragte saam om die gemeenskap meer bewus te maak van omgewingsbewustheid. Maar hul poging om Ruiterbosch “groener” te maak, het ’n onverwagte nadelige uitwerking. Veral die Anker se besigheid word hierdeur geraak. Terwyl hulle hul persoonlike en professionele uitdagings probeer navigeer, ontdek Ruiterbosch se inwoners dat vooruitgang nie altyd so eenvoudig is as wat dit lyk nie.
Lees ook: Ontmoet Megan Vorster, ‘Binnelanders’ se vurige nuwe verpleegsuster