Inkomstes bly dieselfde terwyl inflasie aanhou styg, wat beteken dat ons uiteraard minder verdien as ooit tevore.
Om dinge te vererger, is slegs 6% van die Suid-Afrikaanse bevolking goed op dreef om gemaklik af te tree, volgens die 10X Investments Retirement Reality-verslag van 2023.
Hoe neem ons dus weer beheer?
Die emosionele impak van geld
Geld is een van daardie onderwerpe waaroor mense nie graag praat nie, want dit bring ons diepste emosies na die oppervlakte toe – emosies soos skaamte, vrees, skuld en jaloesie. Maar hier is die ding: Ons emosies rondom geld sit nie net rustig op die agtergrond nie. Dit rig ons besluite en gedrag rondom geld, wat dikwels tot minder goeie keuses lei. Ons finansiële besluite word diep beïnvloed deur ons persoonlike stories, ervarings en gewoontes van geld. Sonder om hierdie onderliggende emosies te hanteer, is dit amper onmoontlik om ons finansiële situasie te verander.
Waarom jou verhouding met geld saak maak
Net soos enige verhouding, kort jou verhouding met geld aandag en sorg. As jy nie kan verander hoe jy oor geld voel nie, sal jou gedrag met geld ook nie verander nie.
Is geld jou vriend of jou vyand?
Jou antwoord tot hierdie oënskynlike eenvoudige vraag sal baie oor jou verhouding met geld verklap. Is geld iets waaraan jy aandag gee, of skeep jy dit af? Is dit ’n bron van vrees en onsekerheid, of voeg dit waarde tot jou lewe? Voel jy jy is dit werd om geld in jou lewe te hê? Glo jy jy verdien finansiële sukses?
Waar om te begin: Herbou jou verhouding met geld
- Dink na oor jou herinneringe met geld
Neem ’n oomblik om aan jou vroegste herinneringe van geld te dink. Verbeel jou geld is ’n mens: Wanneer het julle die eerste keer ontmoet en hoe het dit jou laat voel? Hoe het jou gesin oor geld gepraat? Watter lesse was jy oor geld geleer? Deur te verstaan waar jou oortuigings van geld vandaan kom, sal jy duidelikheid kry oor hoe jou ervaringe van die verlede jou huidige finansiële gedrag en gewoontes beïnvloed.
- Identifiseer jou kernoortuigings oor geld wat op jou herinneringe gegrond is
Sodra jy oor jou herinneringe van geld nagedink het, stel vas watter oortuigings het jou finansiële besluite gevorm. Hoe het hierdie oortuigings jou gebaat? Het dit jou gehelp of jou verhinder? Onthou, hierdie oortuigings is nie altyd in die werklikheid gegrond nie, maar jy kan besluit of hulle jou finansiële vryheid moontlik maak of dit beperk. ’n Besef van watter oortuigings verander moet word, is noodsaaklik om ’n gesonde verhouding met geld te bou.
- Raak bewus van jou geldgewoontes
Jou geldgewoontes is daaglikse gedrag wat herhaal word wat jou finansiële werklikheid skep. Soos jy meer bewus raak van jou ingesteldheid rondom geld, sal jy oplet na watter gewoontes jou daarvan weerhou om iets te verander en keer dat jy finansieel vry en vervuld is. Hierdie gewoontes beperk jou potensiaal om jou finansiële vryheid te ontsluit en kan selfs in die weg daarvan staan om jou werklike potensiaal te bereik en gelukkig te wees.
Besoek Kim se webwerf om die gratis e-boek af te laai – The 30 Money Mistakes Women Make
Oor Kim
Kim is ’n toonaangewende gesag op die gebied van holistiese finansiële beplanning en sy het al honderde kliënte gehelp om geld in die regte plek te sit – as ’n werktuig wat jy gebruik om die lewe te lei wat jy werklik wil, een vol veiligheid en inspirasie. Sy is ’n geregistreerde finansiële lewensbeplanner, gesertifiseerde finansiële beplanner, professionele gesertifiseerde afrigter (PPC)™ met die Internasionale Afrigtersfederasie, gesertifiseerde Dare to Lead™ -aanbieder en New Money Story®- mentor/afrigter. Haar grade in industriële en kliniese sielkunde help haar verder om kliënte by te staan met hul verhouding met geld en om enige geldgewoontes te verander wat hulle nie baat nie.
Ter viering van die onlangse bekendstelling van Kim Potgieter se nuwe boek, gee ons vyf kopieë weg!
Midlife Money Makeover is ‘n herinnering dat jou tweede hoofstuk jou kans is om jou beste lewe te skep. Hierdie boek sal jou voorberei vir die oorgang na jou middeljare en sal jou lei om te stop, in te skakel en bewustelik jou beste lewe vir jou volgende hoofstuk met jou finansies te skep.
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, volg @rooirose op Instagram en voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 18 September 2024