Resep: Rediscover Dairy
Vir die jogurtmengsel:
- 1 koppie dubbelroomjogurt
- 1 gerasperde knoffelhuisie
- 1/2 teelepel (2,5 ml) gerookte paprika
- 1/4 teelepel (1.25 ml) fyn swartpeper
- 1/2 teelepel (2.5 ml) sout
- 1/2 teelepel (2.5 ml) knoffelpoeier
- 1/2 teelepel (2.5 ml) komynpoeier
Meng al die bestanddele saam. Smeer dit op ‘n bord as ‘n basis en bedek dan met geposjeerde eiers (2 per porsie).
Botter:
- 50 g botter
- 1 teelepel (5 ml) gerookte paprika
- Sout en peper na smaak
- 1/4 teelepel (1.25 ml) brandrissievlokkies
Plaas die bestanddele in ‘n klein potjie en laat die geure vir ‘n paar minute intrek. Gooi bo-oor die eiers. Bedien met pita brood.
Lees ook: Geurige tamatie-en-wors-gebak