Guess Iconic is ‘n nuwe blomgeur wat die sensualiteit en glans van die modehandelsmerk verteenwoordig. Dit is geïnspireer deur die selfvertroue en elegansie van ‘n vrou wat haar krag vreesloos omhels en ander inspireer om dieselfde te doen.
‘n Vrou met die Guess Iconic-geur sal enige vertrek ophelder. Haar selfvertroue bewys dat die wêreld haar doek is waarop sy met onbeperkte grasie en vasberadenheid kan skilder.
“Guess Iconic vang die essensie van nuuskierigheid en die verrassende skoonheid van ontdekking vas. ’n Wit blom groei onverwags deur sout, songebakte rots en sand, boeiend en bekoorlik in sy eenvoud. Die soutigheid van die see sowel as die pienk peper kontrasteer die delikate soetheid van die lemoenbloeisel en ilang-ilang, alles warm gewortel in ‘n basis van muskus en amber,” vertel die parfumeurs Nathalie Benareau en Carlos Viñals van Symrise.
Die fyngeur se topnote van mandaryns lemoen, pienk peper en lilybelle® skep ‘n sprankelende sjarme; fassinasie duur voort tot in die hart van die geur waar lemoenbloeisels, ilang-ilang, kalabriaanse bergamot en geranium die middelpunt is; die basisnote is amber, ambroxan, muskus en mos.
Guess se 4G Rising-juwele
Hierdie gesofistikeerde juweliersware is die resultaat van ‘n noukeurige studie van patroonmaak en is met ‘n nuwe interpretasie van die handelsmerk se ikoniese 4G-logo geëts. Die skitterende reeks sluit noukeurig gestelde kristalle, hangertjies en aksente in, vir ‘n ultra-eksklusiewe voorkoms.
WEN ‘n Guess Iconic-geskenkpak!
Hierdie geskenkpak sluit in:
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Die wenner moet in Suid-Afrika woon.
Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, volg @rooirose op Instagram en voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 30 Junie 2024