Die paartjie se liefdesverhaal het by Hoërskool Eldoraigne in Pretoria begin, waar hul paaie die eerste keer in hul skooldae gekruis het. Hul is al langer as agt jaar saam.
Enrico, ‘n projekbestuurder, het Natasha Vrydagmiddag op ‘n seiljag in Kaapstad verras, waar hy op sy knie neergesak het om die jawoord te vra. Op die video wat sy Sondagaand op haar Instagram-blad gedeel het, stap die sprakelose skoonheidskoningin in ‘n ligblou rok na haar nou-verloofde.
Wat hierdie verlowing nog meer spesiaal gemaak het, was die teenwoordigheid van Natasha se familielede, wat in die geheim bymekaargekom het om die vreugdevolle geleentheid te vier.
Baie geluk aan Natasha en Enrico met hierdie opwindende nuwe hoofstuk!
Lees ook: KYK: Natasha Joubert deel video van haar kêrel se reaksie op Mej Suid-Afrika kroning